Riempie herstel en vervanging in en om Pretoria

Ons voorsien

  • Professionele diens
  • Kwaliteit vakmanskap en materiaal
  • Werk word op u perseel gedoen
  • 12 maande waarborg

'n Riempie stoel is nie net 'n stoel nie, dit is deel van ons Suid Afrikaanse erfenis. Het jy geweet daar is nie 'n Engelse woord vir "riempie" nie? Ons is trots daarop om ons erfenis te bewaar, so hoekom gebruik ons dan sinteties in plaas van egte leer riempies?

Die antwoord lê daarin om prakties te wees: met die tyd saam word leer uitgedroog, dit word bros, en breek. Sintetiese riempies daarenteen sal 'n leeftyd hou.

Kontak ons

Telefoon: 071 499-0926 (kantoorure)
As ek nie antwoord nie, los asb. u naam en nommer en ek sal terugbel.

Omtrent ons

  • Pretoria Riempies is 'n een-man organisasie wat vir die afgelope vyf jaar riempie herstel en vervanging doen vir kliënte in en om Pretoria.
  • Ek gebruik uitsluitlik sintetiese riempies, omrede hulle sterker is en hou langer as die oorspronlike leer riempies.
  • Herstelwerk word by u huis of perseel gedoen; u waardevolle meubels verlaat nie u besit nie en word nie aan die risiko van beskadiging tydens vervoer blootgestel nie.
  • Daar is 12 maande waarborg op materiaal en vakmanskap.
  • Ek voorsien u met 'n kwotasie, en maak 'n afspraak om die werk te kom doen. Normaalweg kan ek tot 4 stoele op 'n dag doen, of 2 stoele as die sit-vlak asook die rugkant gedoen moet word.